Ceres Kersiefees
Sat Dec 5, 01:00 - Sat Dec 5, 22:00
Ceres Sportsgrounds
ABOUT
Ceres Kersiefees 2026
Hou vas aan jou pitte... hierdie is een fees wat jy nie wil misloop nie!
Op Saterdag, 5 Desember 2026, verander Ceres, Suid-Afrika se kersiehoofstad, in 'n feestelike speelgrond waar kersies, musiek, kos en familiepret saamkom.
Kom geniet 'n dag gevul met:
- Vars Ceres-kersies en unieke kersie-lekkernye
- Musiek deur Riaan Benade en Bok van Blerk
- 'n Heerlike kosmark
- 'n Kersie-geïnspireerde kroeg
- 'n Opwindende Kersie-Jol area vir die kinders
- Ontspan op die gras met jou piekniekkombers en geniet die feestelike atmosfeer
Die Ceres Kersiefees is soveel meer as net 'n fees, dit word gevorm deur 'n Kersie-gemeenskap.
Dis die kersies wat om familietafels gedeel word, die produsente wat jaar ná jaar hul passie uitleef en topgehalte kersies verbou, en die kosstalletjies wat hierdie vrug omskep in die geurigste en smaaklikste disse. Dis die musiek, sport, lag en kuier wat deur die dag ontvou, en die mense wat met trots hul bydrae lewer om iets besonders te skep.
Maak dit 'n naweek om te onthou!
Vir meer inligting oor die Kersie Kreatief kunsuitstalling, 'n Kersie Langtafel, die Leon Kluge Velddag, Sportinskrywings en verblyf - besoek die Ceres Kersiefees webblad: www.cherrytime.co.za
Datum: Saterdag, 5 Desember 2026
Plek: Ceres, Wes-Kaap
Die hart van Suid-Afrika se kersiebedryf
Ceres is een van die land se voorste kersieproduserende streke. Elke seisoen word duisende kilograme kersies hier geoes en na winkels regoor Suid-Afrika en internasionaal versprei.
'n Bestemming wat die reis werd is
Net twee ure vanaf Kaapstad bied Ceres die perfekte geleentheid vir 'n daguitstappie of naweekwegbreek gedurende die mooiste tyd van die jaar.
Ceres Kersiefees – Waar Suid-Afrika se kersieverhaal begin.
Feesprogram
16:00 – Kersie-geïnspireerde Mark & Mixologie-kroeg
16:00 – 20:00 – Mini Kersie-Jol Area
16:00 – 22:00 – Musiek & Vermaak
18:00 – Riaan Benade
20:30 – Bok van Blerk
* Hekke sluit om 20:00.
Kersie-Jol Area
'n Speelparadys vir die kleingoed!
- Slime- en morsspel
- Karnavalvermaak
- Trekkerritte
- Springkastele
- Mini-hindernisbaan
- Gesigverf
- Haarvleg (Colourful Braiding)
- Ballonkuns
- Inkleurstasie
- Smullekkernye
Bring jou kleine kersies - ons sien jou daar!