FREE OPTIONS
Family friendly
Kalahari Ribbraai- en Potjiekos Kompetisie
Thu Sep 24, 09:00 - Thu Sep 24, 15:00
Winton Boereverenigingsaal
ABOUT
Kalahari Ribbraai- en Potjiekoskompetisie 2026
Wys jou Vleis
Vier Erfenisdag saam met die Winton Landbouvereniging tydens die Kalahari Ribbraai- en Potjiekoskompetisie.
Of jy glo jy braai die beste rib of maak die lekkerste potjie in die Kalahari, of bloot 'n dag van goeie kos en kuier wil geniet, hierdie geleentheid is vir jou.
Wat kan jy verwag?
- Ribbraaikompetisie
- Potjiekoskompetisie
- Proegeleentheid
- Geleentheid om vir jou gunstelinggeregte te stem
- Kontantkroeg
Kompetisie
Prysse te wen
Die Winton Landbouvereniging voorsien:
- Braaihout
- Water
- Sout en peper
- Groente vir potjiekos
- Rys
Deelnemers moet self voorsien:
Ribbraai
- Ribbetjies
- Braairooster
- Braaitoerusting
- Enige speserye, marinades of souse van hul keuse
Potjiekos
- Vleis
- Potjiepot
- Potjiestaan of driepoot
- Kookgereedskap
- Enige ekstra bestanddele, speserye of geurmiddels van hul keuse
Inskrywings en Kaartjies
Kompetisie-inskrywings
- Potjiekos-inskrywing: R180,00
- Ribbraai-inskrywing: R180,00
Deelnemers mag vir een of albei kategorieë inskryf.
Proekaartjies
- Volwassenes: R100,00
- Kinders onder 12 jaar: R50,00
Met 'n Proekaartjie kan besoekers die kompetisie-inskrywings proe en vir hul gunstelinggeregte stem.
Datum: 24 September 2026
Tyd: 09:00
Plek: Winton Landbouvereniging Saal
Kom geniet 'n dag waar tradisie, gemeenskap en goeie kos bymekaarkom.