Family friendly

PlaasDans - 24 Okt 2026

Sat Oct 24, 18:00 - Sat Oct 24, 23:00

Rusticana

ABOUT

Of jy nou wil sokkie, langarm, of sommer net saam met ou en nuwe vriende wil kuier—hierdie is 'n gesellige, gesinsvriendelike aand vir almal.


Musiek

Leon Kapp is agter die draaitafels om te sorg dat die dansvloer van die begin af kook!

Verwag 'n lekker gemengde resep van Afrikaanse treffers, langarm, sokkie, rock, 60s, 70s, 80s, 90s en top oldies wat almal op hul voete sal hê.


Kos & Drank

  • Bring jou eie koelboks met jou gunsteling-verversings sowel as jou eie kosmandjie saam.
  • n Kontant Kroeg sal ook beskikbaar wees.
  • Geen kos verkope maar u welkom om U eie snacks saam te bring.
  • Rusticana is onder die passievolle bestuur van die eienaar self—verwag uitstekende diens, 'n warm verwelkoming en 'n veilige, gemaklike atmosfeer waar ouers welkom is om hul kinders saam te bring.



Datum: Saterdag 24 Oktober 2026

Tyd: Deure maak oop vanaf 18:00, dansvloer maak 19:00 oop.

Plek: Rusticana Estate, Klapmuts

Kaartjies: R100 per persoon. Slegs aanlyn beskikbaar

Besprekings: Slegs aanlyn. U kies sitplek wanneer U kaartjie aanlyn koop. First Come, Fisrt Serve.


BELANGRIKE KENNISGEWING: Kaartjies is baie beperk om te verseker dat almal genoeg spasie het om gemaklik te draai en te swaai.

Geen kaartjieverkope sal by die deur plaasvind nie!

Gryp joune dadelik voor dit uitverkoop.


WhatsApp vir Navrae: 082 579 5902

Reg van toegang voorbehou.

Geen slegte gedrag sal geduld word nie.

Ingang op eie risiko.

DIRECTIONS

PlaasDans - 24 Okt 2026
Rusticana
Get Directions

DISCOVER