ABOUT
Die winter is verby, die dae raak langer, en dit is tyd om die nuwe seisoen in te dans!
Kom skud die winterkoue uit jou bene en verwelkom die lente saam met ons vir
’n onvergeetlike aand propvol lekker musiek, goeie gees en die beste danstreffers.
- Wanneer: Saterdag, 29 Augustus 2026
- Tyd: Hekke maak oop vanaf 18:00
- Kaartjies: R100 per persoon
- Musiek: Leon (voorheen Boerman, nou Brackenbeat) is agter die draaitafels om te sorg dat die dansvloer van die begin af kook!
?? Kos & Drank
- Eie drankies welkom! Bring jou eie koelboks en gunsteling-verversings saam.
- Daar is ook ’n kontantkroeg beskikbaar vir jou gerief.
??? Venue Nuus
Rusticana is onder die passievolle bestuur van die eienaar self – verwag soos altyd uitstekende diens, ’n warm verwelkoming en ’n heerlike Lente-atmosfeer!
?? BELANGRIKE KENNISGEWING: Kaartjies is baie beperk om te sorg dat almal genoeg spasie het om gemaklik te draai en te swaai. Geen kaartjieverkope sal by die deur plaasvind nie!
Gryp joune dadelik voor dit uitverkoop:
?? WhatsApp Nou: 082 579 5902
Reg van toegang voorbehou.
Geen slegte gedrag sal geduld word nie. Ingang op eie risiko.