ATKV-Tjokkertoneel Gauteng-streeksfees

Wed Jul 22, 16:30 - Sat Jul 25, 22:00

UNISA Little Theatre

ABOUT

HAAL ASEM IN GAUTENG


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die UNISA Little Theatre in Pretoria vanaf 22 tot 25 Julie 2026.


Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.

Die aandprogram begin stiptelik om 16:30.


Lees die program hier vir meer besonderhede.

Die program is onderhewig aan veranderinge.


Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:


Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

DIRECTIONS

ATKV-Tjokkertoneel Gauteng-streeksfees
UNISA Little Theatre
287 Nana Sita St, Pretoria Central, Pretoria, 0002
Get Directions