ATKV-Tjokkertoneel Bloemfontein-streeksfees
Fri Aug 7, 16:30 - Sat Aug 8, 22:00
Wynand Mouton Teater
ABOUT
HAAL ASEM IN BLOEMFONTEIN
Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein vanaf 7 tot 8 Augustus 2026.
Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.
Die aandprogram begin stiptelik om 16:30.
Lees die program hier vir meer besonderhede.
Die program is onderhewig aan veranderinge.
Meer oor ATKV-Tjokkertoneel:
Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.