ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfees en ATKV-Sêr

Thu Jul 23, 10:20 - Sat Jul 25, 22:00

The Playhouse Company

ABOUT

HAAL ASEM IN DURBAN


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die Playhouse Company Drama theatre in Durban vanaf 23 tot 25 Julie 2026.


Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.


Streeksfees-dagprogram (Donderdag en Vrydag)

Raadpleeg asseblief die program

10:20 - Vertoning 1

12:00 - Vertoning 2

14:10 - Vertoning 3

15:50 - Vertoning 4

17:30 - Vertoning 5

19:40 - Vertoning 6


Lees die program hier vir meer besonderhede.

Die program is onderhewig aan veranderinge.


Die streeksfeesfinaal vind saam met ATKV-Sêr op Saterdag 25 Julie om 16:30 plaas.

Die streeksfeesfinaliste word op Vrydag-aand, 24 Julie na 22:00 op die ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir twee-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.


Meer oor ATKV-Sêr:

Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied en dit het tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende-kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfees en ATKV-Sêr
The Playhouse Company
231 Anton Lembede St, Durban Central, Durban, 4001
Get Directions