ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 3 en ATKV-Sêr

Mon Aug 17, 10:20 - Sat Aug 22, 22:00

UNISA Little Theatre

ABOUT

HAAL ASEM IN GAUTENG


Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die UNISA Little Theatre in Pretoria vanaf 17 tot 22 Augustus 2026.


Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.


Streeksfees-dagprogram (Maandag tot Vrydag)

Raadpleeg asseblief die program

10:20 - Vertoning 1

12:00 - Vertoning 2

14:10 - Vertoning 3

15:50 - Vertoning 4

17:30 - Vertoning 5

19:40 - Vertoning 6


Lees die program hier vir meer besonderhede.

Die program is onderhewig aan veranderinge.


Die streeksfeesfinaal vind saam met ATKV-Sêr op Saterdag 22 Augustus om 16:30 plaas.

Die streeksfeesfinaliste word op Vrydag-aand, 21 Augustus na 22:00 op die ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.


Meer oor ATKV-Tienertoneel:


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir twee-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.


Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!


Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.


Meer oor ATKV-Sêr:

Die ATKV het sy eerste nasionale sêrkompetisie vir studente in 1997 aangebied en dit het tyd geword om die stokkie oor te gee aan ons kreatiewe tieners om met hierdie gemaklike uitvoerende-kunstemedium te eksperimenteer. ATKV-Sêr vir hoërskoolleerders is ’n a capella-kompetisie wat in sy tienerformaat gaan neig na musiekteater deur tema, sang, dans en storievertelling.

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 3 en ATKV-Sêr
UNISA Little Theatre
287 Nana Sita St, Pretoria Central, Pretoria, 0002
Get Directions