ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 1
Mon Jul 27, 10:20 - Sat Aug 1, 22:00
UNISA Little Theatre
ABOUT
HAAL ASEM IN GAUTENG
Belê in die toekoms van teater deur die jong talent in Suid-Afrika te ondersteun by die UNISA Little Theatre in Pretoria vanaf 27 Julie tot 1 Augustus 2026.
Koop 'n dagpas-kaartjie en sien al die vertonings van die dag vir die prys van een.
Streeksfees-dagprogram (Maandag tot Vrydag)
Raadpleeg asseblief die program
10:20 - Vertoning 1
12:00 - Vertoning 2
14:10 - Vertoning 3
15:50 - Vertoning 4
17:30 - Vertoning 5
19:40 - Vertoning 6
Lees die program hier vir meer besonderhede.
Die program is onderhewig aan veranderinge.
Die streeksfeesfinaal vind op Saterdag 1 Augustus om 16:30 plaas.
Die streeksfeesfinaliste word op Vrydag-aand, 31 Julie na 22:00 op die ATKV se sosiale media bladsye aangekondig.
Meer oor ATKV-Tienertoneel:
Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek al vir twee-en-sestig jaar ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.