Om die onsêbare te sê
Thu Oct 8, 17:30 - Thu Oct 8, 18:30
EasyEquities Skrywerskamer
ABOUT
Danie Marais beskryf Tom Dreyer se jongste bundel as “ ’n herbetowering van die wêreld”. Vir Herman Wasserman word gedigte sy reddingsboei, skryf Valda Jansen. In hierdie gesprek vra Dreyer en Wasserman of poësie, wat anders kyk as die wetenskap en anders weet as die maklike sekerhede van die teologie, dalk uniek geposisioneer is om iets van die geheimsinnigheid, luisterrykheid en selfs heiligheid – die Engelse praat van “the sacred” – van die wêreld raak te sien en raak te sê.
******************************************************************************************************
Danie Marais describes Tom Dreyer’s latest collection as “a re-enchantment of the world”. Valda Jansen writes that Herman Wasserman’s poems become his lifeline. In this conversation, Dreyer and Wasserman ask whether poetry, which sees differently from science and knows differently than the easy certainties of theology, is perhaps uniquely positioned to see and say something of the mystery, splendor, and "the sacred" of the world.