Family friendly

HS Stellenbosch - KÔ LAT ONS SING! 2026 met LS Eikestad en LS Lochnerhof

Tue Jul 28, 18:30 - Tue Jul 28, 21:00

Hoërskool Stellenbosch

ABOUT

KÔ LAT ONS SING! 2026


Kom beleef ’n aand van uitsonderlike musiek en koorgees met Hoërskool Stellenbosch se Kô lat ons sing!


Hierdie besondere konsert bring talentvolle sangers en musikante van verskillende ouderdomme saam op een verhoog.

Geniet optredes deur die Laerskool Eikestad Eike- en Akkerkoor, Laerskool Lochnerhof Junior- en Seniorkoor, die Hoërskool Stellenbosch Drumline, Jazz- en Blaasensemble, die bekroonde Hoërskool Stellenbosch-koor, asook die gewilde a cappella-groep Brandslang.


Kom vier die vreugde van musiek en gemeenskap met 'n aand vol onvergeetlike optredes.

Kaartjies beskikbaar by Quicket

  • 28 Julie 2026
  • 18:30
  • R80 / R60 (Gallery)

Kô lat ons sing – en laat die musiek ons saambring!

DIRECTIONS

HS Stellenbosch - KÔ LAT ONS SING! 2026 met LS Eikestad en LS Lochnerhof
Hoërskool Stellenbosch
Jannasch Rd, Mostertsdrift, Stellenbosch, 7600
Get Directions