VKV Gala-aand
Thu Aug 13, 19:00 - Thu Aug 13, 21:00
Odeion Gallery/Theatre
ABOUT
Kom vier saam met ons ’n eeu van kuns, kultuur en talent!
Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar — ’n besonderse mylpaal vir een van die Vrystaat se mees geliefde kultuurinstellings.
Vir 100 jaar bied die VKV ’n platform waar jong kunstenaars kan groei, droom en hul talent met trots kan uitleef. Van musiek en drama tot dans — die VKV bly ’n tuiste vir kreatiwiteit en uitnemendheid.
Om hierdie geskiedkundige geleentheid te vier, nooi ons u hartlik uit na die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging 100-jaar Gala-aand op Donderdag, 13 Augustus 2026 om 19:00.
Kom geniet ’n aand van herinnering, viering en inspirasie, met optredes deur bekende Vrystaters, asook top presteerders van die 2026-kunswedstryd.
Kunstenaars, ondersteuners, skole, oud-deelnemers en vriende van die VKV word genooi om saam deel te wees van hierdie spesiale viering.
Moenie hierdie besonderse geleentheid misloop nie.
Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging — 100 jaar van talent, kultuur en trots.