GRETHA WIID – Brandstof Inspuiting vir Jou Vrouehart
Sat Sep 12, 14:30 - Sat Sep 12, 16:30
Carpe Diem School, George
ABOUT
Herold Laerskool nooi jou hartlik uit na 'n besonderse middag saam met die geliefde spreker Gretha Wiid.
Met haar unieke kombinasie van humor, wysheid en inspirasie neem Gretha jou op 'n reis wat jou sal laat lag, nadink en met nuwe moed huis toe gaan. Haar boodskap, "Brandstof Inspuiting vir Jou Vrouehart", bied praktiese insigte, bemoediging en nuwe perspektief vir elke vrou se lewensreis.
Kom geniet 'n inspirerende en humoristiese aanslag op die uitdagings en vreugdes van vrouwees, terwyl jy saam met vriendinne 'n onvergeetlike ervaring deel.
Plek: Carpe Diem Skoolsaal, George
Datum: 12 September 2026
Tyd: Deure open om 14:30 | Aanvang 15:00
Koste: R350 per persoon (Ligte verversings ingesluit | Koffiekroeg beskikbaar)
Dress Code: Kleurvol & Blomryk
Beperkte kaartjies beskikbaar – bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.
Alle opbrengste van die geleentheid ondersteun die fondsinsamelingsinisiatiewe van Herold Laerskool.