LEKKER FM Damesoggend
Sat Aug 29, 10:00 - Sat Aug 29, 13:00
Voortrekker Monument
ABOUT
LEKKER FM nooi jou na 'n inspirerende Damesoggend waar ons saam geloof, krag en hoop vier. Geniet 'n onvergeetlike oggend van inspirasie, musiek, lag en betekenisvolle gesprekke.
Ons spesiale gas, Lynette Cilliers van Faith Over Fear, deel haar aangrypende verhaal van moed, geloof en oorwinning.
Die tema van die oggend is "Jou Letsels Vertel 'n Storie" – 'n viering van die verhale van moed, geloof, oorwinning en veerkragtigheid wat elke vrou dra.
Gaste word uitgenooi om hul tafels te versier en hul eie verversings saam te bring wat die tema weerspieël. Laat jou kreatiwiteit, hoop en innerlike skoonheid deur jou tafeluitstalling spreek en deel jou unieke storie op 'n besondere manier.
Datum: 29 Augustus 2026
Tyd: 10:00
Venue: Voortrekkersaal, Voortrekkermonument
Prys: R2 500 per tafel van 10 gaste
Elke Dame kry 'n geskenkpakkie van Look Good Feel Better - https://www.lgfb.co.za/ ter waarde van meer as R500.00
Daar is pryse vir Beste gedekte Tafel en nog vele meer wat ons die dag gaan weg gee.
Daar is slegs 25 tafels beskikbaar, so bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.