Family friendly

Padeltoernooi 2026 - Jan Celliers

Sat Oct 10, 09:00 - Sat Oct 10, 14:00

Zoo Lake Padel Court

ABOUT

Kom kuier saam en wees deel van Jan Celliers se eerste padeltoernooi!


Die Graad 7’s bied op Saterdag, 10 Oktober, ’n heerlike oggend by Zoo Lake Padel aan, van 09:00 tot 13:00.


Kaartjies:

R550 per volwassene

R350 per kind


Slegs Graad 6- en Graad 7-leerders van Jan Celliers kan registreer om te speel asook enige volwassenes.


Te koop op die dag:

• Kontantkroeg beskikbaar by die klub.

• Boerewors rolle en roomys te koop.

• Heerlike familie pret-dag vir groot en klein!


Trek jou padelgereed aan in groen, geel en/of wit en kom geniet die dag saam met ons!


Wonderlike pryse op die spel!


Plekke is beperk, so moenie uitstel nie — teken die datum aan en verseker jou plek!


Sien asseblief aangeheg die voorwaardes, terme en reëls op die volgende 'tab'.



VOORWAARDES, TERME EN REËLS.

JAN CELLIERS GRAAD 7-PADELTOERNOOI


Reëls, Formaat, Terme & Voorwaardes



TOERNOOI-FORMAT


  • Die toernooi bestaan uit twee afsonderlike afdelings: Leerders en Volwassenes.
  • Die toernooi word volgens ’n Americano-formaat aangebied.
  • Spelers se maats en teenstanders roteer lukraak met elke rondte.
  • Daar sal geen doelbewuste gemengde ouderdoms- of geslagspare saamgestel word nie.
  • Die trekking binne elke afdeling is heeltemal lukraak en spelers word nie volgens vaardigheidsvlak ingedeel nie.
  • Leerders speel eerste, gevolg deur die volwassenes.
  • Daar is 4 padelbane beskikbaar vir die toernooi.
  • Elke afdeling kry eksklusiewe gebruik van die beskikbare bane gedurende sy speeltyd.
  • Elke rondte duur 8 minute, insluitend rotasie en puntetelling.
  • Elke speler word ’n minimum van 5 wedstryde gewaarborg.



INSKRYWINGS


Daar is ’n beperkte aantal plekke beskikbaar:

  • Leerders: Maksimum 40 spelers
  • Volwassenes: Maksimum 75 spelers


Inskrywings sal slegs bevestig word sodra betaling ontvang is. Plekke is beperk en word op ’n eerste-kom-eerste-bedien-basis toegeken.



WIE KAN DEELNEEM?


Leerderafdeling:

  • Slegs graad 6 & 7-leerders van Jan Celliers.


Volwasse afdeling:

  • Enige volwassenes, Jan Celliers ouers of gaste van buite.



INSKKRWINGSFOOI


  • Leerders: R350 per speler
  • Volwassenes: R550 per speler

Die fooi is per individuele speler en nie per paar of span nie.



KLEREDRAG


Spelers word versoek om padel-toepaslike sportdrag te dra in die Jan Celliers-kleure:

Groen

Geel

Wit



BELANGRIKE INLIGTING


Spelers moet asseblief betyds opdaag en gereed wees om te speel wanneer hulle naam opgeroep word. Omdat die wedstryde volgens ’n vaste skedule verloop, is dit belangrik dat alle spelers die 8-minuut-rondtes en rotasies respekteer.


Wonderlike pryse op die spel!


Ons sien uit daarna om saam met julle ’n lekker, sportiewe en feestelike Jan Celliers-padeloggend te geniet!

DIRECTIONS

Padeltoernooi 2026 - Jan Celliers
Zoo Lake Padel Court
Princess of Wales Terrace, Parkview, Randburg, 2122, South Africa
Get Directions

DISCOVER