Polar Plunge
Sat Oct 24, 08:00 - Sat Oct 24, 23:59
Alberton Rugby Stadium
ABOUT
Oos-Rand se Grootste Polar Plunge Ooit
Ten bate van Solidariteit Helpende Hand Studiefonds
Datum: 24 Oktober 2026
Plek: Alberton Rugbystadion
Tyd: Hekke open om 08:00 en sluit om 24:00
Oorsig van die geleentheid
Solidariteit Helpende Hand bied op 24 Oktober 2026 die grootste Polar Plunge nog ooit op die Oos-Rand aan. Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel vir studielenings sodat meer jongmense die geleentheid kan kry om verder te studeer.
Ons verwag om en by 3 000 besoekers en deelnemers gedurende die dag. Die besoekers sal deur die dag kom en gaan soos hul deelname plaasvind. Meer as 25 skole, hul skoolhoofde en personeel, asook verskeie maatskappye van regoor die Oos-Rand, Helpende Hand Hoop en Pretoria-Oos, sal aan die kompetisie deelneem.
Die hoogtepunt van die dag sal 100 ysbaddens wees waarin deelnemers sal klim om fondse te werf deur borgskappe en skenkings.
Kinderss al ook vermaak word met boeresport en ‘n speelpark.
Daar sal ook ‘n da gen aandmark wees vir besoekers om te geniet.
Doel van die geleentheid
Helpende Hand is trots daarop dat duisende studente reeds deur studielenings gehelp is om hul studies voort te sit. Die Polar Plunge bied ’n unieke geleentheid vir skole, besighede en gemeenskappe om saam te werk om nog meer jongmense se toekoms moontlik te maak. Ons doel is om ‘n miljoen rand in te samel vir studente om te gaan studeer.
Hoofborg
Alberton Rugbyklub
Alberton Rugbyklub is die hoofborg van die geleentheid en ondersteun die visie om jongmense toegang tot opleiding en sportgeleenthede te gee.
Die klub stel die stadion beskikbaar en bied ondersteuning met:
- Publieke aanspreeklikheidsdekking
- Dranklisensie
- Warm stortgeriewe
- Kroegfasiliteite
- Algemene ondersteuning van die geleentheid
MC en Vermaak
Ons is trots om aan te kondig dat:
Ichnus van Buffelsfontein
as MC vir die dag sal optree.
Sy rol sal insluit:
- Aankondiging van deelnemers en maatskappye
- Bestuur van borgbeloftes en skenkings
- Vermaak gedurende die dag
- Optredes van verskeie van sy bekende liedjies
Verder sal die dag ook verskeie musikale optredes en vermaak aanbied, deur Ichnus en Morgan Beatbox.
Spesiale Gaste
- Rugbyspelers van die Lions en Bulls
- Bekende persoonlikhede en Nastassja en Albert gaan die dag bemark met een van hul bemarkings opnames te maa ken dit sal oral op Sosiale media versprei word
- Pretoria FM, Joy Radio sal op die dag van die Stadium af uitsaai. Die koerante Alberton Record en Caxton Koerante sal die event bemark en op die dag kom foto’s neem en ‘n berig doen oor die event.
- Gemeenskapsleiers
- Skoolhoofde en sakeleiers
- Skool leerders van verskeie skole sal hul skoolhoofde en personeel kom ondersteun op die dag.
Dagprogram
08:30 – 09:30
Boeresport en toutrekkompetisie tussen laer- en hoërskole. Alberton Stadium sal die toue verwag en ons sal die spanne wat deelneem nader aan die tyd finaliseer
09:30 – 10:30
Helpende Hand Hoofkantoor, Darkness to light, die Bybelgenootskap en Southcrest Kerk neem teen mekaar deel.
10:30 – 11:30
Benoni-, Kempton Park- en Edenvale-skole en maatskappye.
11:30 – 12:30
Optrede deur Morgan Beatboxer.
12:30 – 13:30
Bekendes, Alberton rugby klub, Lions- en Bulls-verteenwoordigers.
13:30 – 14:30
Brakpan, Heidelberg en Nigel.
14:30 – 15:30
Musikale gasoptrede (word later aangekondig).
15:30 – 16:30
Boksburg, Springs en Germiston.
16:30 – 17:30
Alberton, Helpende Hand Hoop en Pretoria-Oos.
17:30 – 18:30
Prysuitdeling en aankondiging van wenners.
19:00
Aandvertoning deur gaskunstenaar.
24:00
Geleentheid sluit.
Deelnemerervaring
By aankoms sal deelnemers:
- By hul aangewese tent aanmeld.
- ’n Goodie bag ontvang.
- Aan hul skool- of maatskappyspan voorgestel word.
- Die skool se wenslys ontvang.
- Deelneem aan die Polar Plunge.
- Hul borgbelofte of skenking bekend maak.
Na afloop van die ysbad:
- Tye word aangeteken.
- Handdoeke en komberse word verskaf.
- Deelnemers word na die mediese tent begelei.
- Mediese assessering word gedoen.
- Warm storte is beskikbaar by Alberton Rugbyklub.
Mediese Dienste
Vir die veiligheid van alle deelnemers sal die volgende beskikbaar wees:
- Twee dokters wat hul dienste pro bono aanbied
- Ambulansdienste op die terrein
- Volledig toegeruste mediese tent
- Noodreaksiepersoneel gedurende die hele dag
Toegang en Kaartjies
Kinders onder 18 jaar
Gratis toegang.
Gratis kaartjies kan vooraf op Quicket afgelaai word.
By die hek sal kinders ‘n ander kleur bandjie vervang as die kaartjies wat verkoop word.
Volwassenes
Voor 15:00:
- R50 per persoon
Na 15:00:
- R100 per persoon
Kaartjies sal beskikbaar wees via Quicket en by die hekke op die dag.
Parkering
VIP Parkering
- Beperkte VIP-areas vir deelnemers en borge by Area VIP, Area C en Area D asook ‘n gedeelte van die die secure parking sal ook aan deelnemers geallokeer word.
Gereserveerde Parkering
- Area VIP Parking: 30 bays
- Area C: 40 bays
- Area D: 50 bays
- Secure Parking – R50 per motor
Algemene Parkering
- Meer as 3 000 parkeerplekke beskikbaar
Stalletjies en Mark
Die geleentheid sluit ’n dag- en nagmark in.
Stalletjies
- Bespreek op die Skakel : https://www.albertonrugbystadium.co.za/book-a-stall-for-events/
Verskeie uitstallers, kosverkopers en plaaslike ondernemings sal deelneem.
Ons sien uit daarna om u by die geleentheid te ontmoed.
