À la Française: violoncello and piano Sonatas
Tue Aug 11, 18:30 - Tue Aug 11, 21:00
NWU School of Music & Conservatory Hall
ABOUT
In À la Française, South African celebrated musicians Anmari van der Westhuizen and Nicolene Gibbons celebrate the richness and diversity of French chamber music through works by Claude Debussy, Francis Poulenc, Olivier Messiaen, and César Franck.
The programme opens with Debussy’s evocative Sonata in D minor, a late work distinguished by its elegance, subtle colours, and refined French character. Poulenc’s vibrant Sonata for Cello and Piano follow, combining lyrical beauty, wit, and dramatic contrasts in one of the twentieth century’s most engaging chamber works.
After the interval, Messiaen’s deeply spiritual Louange à l’Éternité de Jésus from the Quartet for the End of Time offers a moment of profound contemplation, with its timeless cello melody and luminous piano writing.
The recital concludes with Franck’s beloved Sonata in A major, a masterpiece of lyrical warmth and structural unity, culminating in a radiant and uplifting finale.
Together, these works showcase the elegance, imagination, and expressive depth of French music, inviting audiences on a captivating journey through one of classical music’s most influential traditions.
In À la Française vier die Suid-Afrikaanse musikante Anmari van der Westhuizen en Nicolene Gibbons die rykdom en verskeidenheid van Franse kamermusiek deur werke van Claude Debussy, Francis Poulenc, Olivier Messiaen en César Franck.
Die program open met Debussy se stemmingsvolle Sonate in d mineur, ’n laat werk wat gekenmerk word deur elegansie, subtiele kleure en ’n verfynde Franse karakter. Daarna volg Poulenc se lewendige Sonate vir Tjello en Klavier, waarin liriese skoonheid, humor en dramatiese kontraste saamvloei in een van die twintigste eeu se mees boeiende kamermusiekwerke.
Ná pouse bied Messiaen se diep spirituele Louange à l’Éternité de Jésus uit die Quatuor pour la fin du temps ’n oomblik van intense besinning, met sy tydlose tjellomelodie en helder, skitterende klavierklanke.
Die uitvoering word afgesluit met Franck se geliefde Sonate in A majeur, ’n meesterwerk van liriese warmte en strukturele eenheid wat uitmond in ’n stralende en verheffende finale.
Saam belig hierdie werke die elegansie, verbeelding en ekspressiewe diepte van Franse musiek en nooi hulle die gehoor uit op ’n boeiende reis deur een van die invloedrykste tradisies in die klassieke musiekwêreld.