Family friendly

Buitelug konsert in Kimberley saam RAAF

Sun Aug 30, 14:00 - Sun Aug 30, 17:00

Bella Cardi Wedding Venue

ABOUT

Maak reg vir 'n heerlike wintermiddag onder die oop hemel saam met RAAF by Bella Cardi in Kimberley!


Bring die familie, nooi jou vriende en kom geniet 'n ontspanne buitelug-konsert tussen die bome, met goeie musiek, lekker kuier en 'n atmosfeer wat perfek is vir 'n Sondagmiddag.


Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees, asook Raafontuur-wyne vir aankoop. Verskeie kosstalletjies en food trucks sal ook op die terrein wees waar jy alles kan koop wat jy nodig het om jou tafel smaaklik te maak.


Wil jy graag deel wees van die sukses van die dag? Word 'n tafelkaptein! Verkoop 'n tafel van 10 gaste en ontvang 2 komplimentêre kaartjies!


Besighede, organisasies en groepe is ook welkom om tafels van 10 of meer gaste te bespreek. Dit is die ideale geleentheid vir personeel, kliënte, vriende of familie om saam 'n onvergeetlike middag te geniet.


Vir tafelbesprekings en navrae kontak Michelle by 071 609 2017.


Ons sien uit daarna om saam met julle 'n besonderse middag van samesyn, goeie wyn, lekker kos en uitstekende musiek te geniet.


Datum: Sondag 30 Augustus 2026

Deure open: 13:00

RAAF Konsert: 14:00

Venue: Bella Cardi, Kimberley

DIRECTIONS

Buitelug konsert in Kimberley saam RAAF
Bella Cardi Wedding Venue
N12, Kimberley, 8301, South Africa
Get Directions