Date Night saam RAAF in Bloemfontein

Thu Aug 27, 19:30 - Thu Aug 27, 22:30

Warm Karoo & The Kitchen

ABOUT

RAAF – Date Night in Bloemfontein

Warm Karoo | Donderdag, 27 Augustus 2026


Daar is min dinge so mooi soos ’n aand saam met iemand wat jou hart vinniger laat klop.


Kom geniet ’n intieme Date Night saam met RAAF in die warm, romantiese atmosfeer van Warm Karoo. Omring deur kerse, sagte liggies, goeie kos en musiek wat diep raak, beloof hierdie aand om een te wees wat julle nog lank sal onthou.


RAAF se unieke kombinasie van verhale, humor, liefde, passie en musikale meesterskap skep ’n ervaring wat veel meer as net ’n konsert is. Dit is ’n viering van liefde, verbinding en die klein oomblikke wat die lewe besonders maak.


Julle kaartjies sluit ’n heerlike driegangmaaltyd asook ’n verwelkomingsdrankie in – die perfekte resep vir ’n onvergeetlike aand uit.


Of julle nou ’n spesiale geleentheid vier, op julle eerste date is, of net tyd vir mekaar wil maak, hierdie aand is geskep vir mense wat glo dat liefde altyd die moeite werd is om te vier.


Deure open: 18:00

Welkom drankies, voorgereg en hoofgereg sal bedien word voor die vertoning. Moet nie laat wees anders mis jy dalk net uit op al die romanse wat in die atmosfeer sweef..


RAAF-konsert: 19:30

Trek mooi aan, bring jou geliefde saam en kom skep herinneringe.


Kaartjies: R650 per persoon

(Insluitend driegangmaaltyd en verwelkomingsdrankie)


Ons sien uit daarna om saam met julle 'n aand vol liefde en langtafels te vier!

DIRECTIONS

Date Night saam RAAF in Bloemfontein
Warm Karoo & The Kitchen
16 Du Preez St, Spitskop Small Holdings, Bloemfontein, 9301, South Africa
Get Directions