No under 18s

Kuns & Kurkproppe

Fri Jul 24, 18:00 - Sat Jul 25, 18:00

Monte Bello Estate

ABOUT

Vir iemand wat nog nooit Kuns & Kurkproppe bygewoon het nie hoekom

moét hulle vanjaar daar wees?


As jy lus is vir 'n lekker dag of aand uit, is Kuns & Kurkproppe beslis die plek om te

wees. Jy kan ontspan, lekker kuier, heerlike kos geniet en sommer iets nuuts ontdek.


Ons het 'n verskeidenheid wynplase wat hul produkte kom bekendstel, so daar is regtig

baie om te beleef. En dan is Jacobus Silver se kunsuitstalling ook iets besonders. Alles

gebeur in die mooi atmosfeer van Monte Bello, so dis die perfekte winteruitstappie.


Wynplase sluit in:

Beyerskloof

Bon Courage

Blaauwklippen

Raka

Durbanville Hills

Nederburg

Kranskop

Odd Bins

Diemersfontein

Doolhof

Du Toitskloof

Van Loveren

Vrede & Lust

Wat Wil Jy Drink

Zorgvliet

Knolfontein

Le Seuer

Robertsons

Bosman Family Vineyards

De Krans

Rietvallei

Louisvale

Wildebeest


Jy kry proeglas ingsluit en kos is beskikbaar teen addisionele koste.


Vertel ons bietjie meer van Jacobus Silver en sy uitstalling.

Jacobus Silver is 'n plaaslike Vrystaatse kunstenaar met 'n baie unieke styl wat mense laat stilstaan en mooi kyk. Sy uitstalling by Kuns & Kurkproppe vertel 'n storie deur elke kunswerk en nooi jou uit om jou eie betekenis daarin te ontdek.


Kom kyk na die eerste klomp spesiale dames van sy nuutste reeks, "Feathered Dinasty" en kom bekyk deel van sy reeks "Left" wat hy uitsluitlik met sy nie-dominante hand aanpak en bietjie dieper delf in die betekenis van die woord.


Ons is baie opgewonde om Jacobus en sy werk by Monte Bello Estate te verwelkom. Dis 'n wonderlike geleentheid om plaaslike kuns van naby te beleef, die kunstenaar self te ontmoet en meer oor sy inspirasie en kreatiewe proses te hoor. Dit maak die ervaring net soveel meer spesiaal.


As iemand nog twyfel om 'n kaartjie te koop, wat sal jy vir hulle sê?


Ek sal sê: moenie die fout maak om hierdie een uit te sit nie! Dis nie net 'n landgoed- of kunsfees nie – Jacobus Silver gaan die verhoog behoorlik laat bewe! Sy optrede tye is Vrydag om 20:00 en weer Saterdag om 15:00. Maak seker jy is daar vir hierdie hoogtepunte van die fees.


Daar is goeie musiek, heerlike kos ekslusief voorberei deur Monte Bello, uitstekende landgoedere, pragtige kuns en 'n warm winter-atmosfeer met kaggels en vure.


Wat is die tye van die fees?


Vrydag aand begin ons

vanaf 18:00 tot 22:00, en Saterdag middag kuier ons weer van 12:00 tot 18:00. Dis die

perfekte geleentheid om bietjie weg te breek, te ontspan en lekker saam te kuier.


Waar kan mense hul kaartjies kry?


Dis maklik - koop jou kaartjies op Quicket of sommer by die ingang. Bring jou

familie, jou vriende of daardie spesiale iemand saam en kom geniet 'n dag vol

goeie musiek, heerlike kos, uitstekende landgoedere, pragtige kuns en 'n atmosfeer

wat jou sommer tuis laat voel.


Ons sien uit om julle daar te verwelkom. Kom kuier en maak nuwe herinneringe saam met ons!

DIRECTIONS

Kuns & Kurkproppe
Monte Bello Estate
X77J+M2 Bloemfontein, South Africa
Get Directions