ABOUT
Nie elke aand uit hoef loud en proud te wees vir dit om onvergeetlik te wees nie.
Soms is dit die sagte klank van ’n kitaar, ’n glas goeie wyn in die hand, die geur van gesogte kase en die gevoel dat jy deel is van iets besonders, al wat nodig is.
Linden Tuin Teater nooi jou na ’n baie intieme aand saam met Daniel John – ’n kunstenaar wie se musiek die perfekte klankbaan vorm vir ’n ontspanne aand onder die sterre. Weg van groot skares en die gejaagde lewe, skep ons ’n ervaring waar musiek, gesprek en atmosfeer natuurlik saamvloei.
Geniet gekeurde wyne, uitgesoekte kase en live music in ’n unieke tuinomgewing waar elke gas deel word van die verhaal. Met beperkte sitplekke en ’n persoonlike atmosfeer is hierdie die tipe aand waarvan mense nog lank daarna praat.
Hier gaan dit nie net oor die musiek nie. Dit gaan oor die hele ervaring.
***Onthou asseblief: Geen parkering beskikbaar nie. Gebruik asseblief Uber van en na die geleentheid.***