Werkswinkel: Gehoorontwerp - Bou jou gehoor van dag een af | Workshop: Audience design - Building your audience from day one
Fri Aug 21, 12:00 - Fri Aug 21, 12:45
Rotunda at The Bay Hotel
ABOUT
Gehoorontwerp: Bou jou gehoor van dag een af
Aanbieder: Paul Rieth
Plek: Silwerskermkamer, The Bay Hotel
Gehoorontwerp is ’n strategiese benadering wat die potensiële gehoor se behoeftes van die vroegste stadiums van ’n projek af in ag neem en integreer. Dit gebruik storiegebaseerde inhoud en meerkanaalkommunikasie om die mense te lok en te behou wat waarskynlik by jou werk aanklank sal vind. In hierdie werkswinkel deel die Berlynse gehoorstrateeg en stigter van GET YOUR CROWD, Paul Rieth, sy ervaring met rolprentmakers en film-organisasies om te verduidelik hoe gehoorontwerp in die praktyk lyk – van die ontwikkelingsfase tot en met vrystelling – en waarom die vroeë bou van hegte gehoorverhoudings een van die doeltreffendste instrumente geword het wat ’n rolprentmaker tot sy beskikking het.
Audience design: Building your audience from day one
Presenter: Paul Rieth
Venue: Silwerskerm Room, The Bay Hotel
Audience design is a strategic approach that integrates audience thinking from the earliest stages of a project, using story-based content and multi-channel communication to attract and retain the people most likely to connect with your work. In this workshop, Berlin-based audience strategist and founder of GET YOUR CROWD, Paul Rieth, draws on his experience working with filmmakers and film organisations to explore what audience design looks like in practice – from development through to release – and why building genuine audience relationships early has become one of the most effective tools a filmmaker has.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON: