Indie Skrywers Ruk Op!
Sun Aug 23, 14:00 - Sun Aug 23, 15:00
Imibala Trust
ABOUT
Dr Annelie Rabie akademikus en vorige burgermeester van Hermanus, Overstrand gesels met Hennie Greeff oor sy avonture oorsee as tonnelingenieur. Hy en Annabelle het vir twintig jaar in afgeleë, selfs gevaarlike areas gewoon en gewerk. Plekke waar min mense ooit kom. Party waarvan mense nog nie eens gehoor het nie. Sy boek, Memoirs van 'n Gatkruiper en Adventures of a Tunnel Rat, is 'n avontuurbelaaide reisverhaal en neem ons op besoeke binne-in aktiewe vulkane en laat ons tot Pirannas eet in die Peruviaanse Amasone. Kom ontdek waarvoor Toraja bekend is. Besoek die wêreld se tiende beste snorkeloord. Dan is daar nog die kos en kulture ook! Sien jou daar!
Dr Annelie Rabie gesels ook met Stefan Schutte oor sy pad van rekenmeester tot onafhanklike skrywer en uitgewer. Sy romans, The Last Jukebox Heroes en Klankbaan, verweef musiek, menslike verhoudings en die stories wat ons saam met ons dra. Stefan vertel hoe 'n idee ontwikkel tot 'n boek, die uitdagings van selfpublisering, en hoe Afrikaans en Engelse verhale soms dieselfde hartklop deel. Van die Weskus tot kroeë vol karakters, songs en geheime - kom luister na die stories agter die stories, en ontdek hoe boeke hul eie reis van manuskrip tot leser aanpak.
Tickets include a complimentary glass of Poetry wine for guests over 18. Lunches will be for sale at the Imibala Cafe during lunch break.