No under 13s

SEUN

Mon Jul 20, 19:30 - Fri Jul 24, 20:30

Kaapstad Toneelhuis

ABOUT

Wenner van vyf pryse by die Momentum Aardklop 2025, waaronder Beste Toneelaanbieding, Beste Akteur, Regisseur en Gehoorgunsteling.


Wenner van die Woordfeestrofee vir Beste Eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees 2025.


In Seun deel Dana Snyman die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980's. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy 'n draai in Saal 24. Dié rou, onthullende memoires vra:


Hoe word 'n seun 'n man? 'n Seun wat nie 'n meisie se aandag kan trek nie? 'n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is 'n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van 'n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.


Met Wilhelm van der Walt

Regie Nico Scheepers

Skrywer Dana Snyman

Verwerking Johann Smith

DIRECTIONS

SEUN
Kaapstad Toneelhuis
2nd Floor, 61 Loop St, Cape Town City Centre, Cape Town, 8001, South Africa
Get Directions