Ek, Ouer: 'n Eenvrou vertoning @Hugo Naudé Kunssentrum
Fri Aug 21, 19:30 - Fri Aug 21, 21:00
Hugo Naude Kunssentrum
ABOUT
Ek, Ouer is ’n eerlike, skerp en humoristiese eenvrouvertoning wat die moderne realiteit van ma-wees wys. Die storie volg Roné (Willa van Schalkwyk), ’n sosiale antropoloog wat onverwags enkel ouer word van haar kletsende kleuter en al sy kwale.
Van Mom-fluencers en Coco Pops tot Collagen Lollies en die Durbanville mamma-subkultuur. Roné neem “veldnotas” oor alles om haar. En wat begin as akademiese waarneming, word gou ’n verskuilde vorm van oordeel… en oorlewing.
Met sketsagtige toneelspel en vinnige karakterwisselings word die gehoor ingenooi in Roné se wêreld, waar humor en hartseer voortdurend hande vat.
Ek, Ouer bied ’n rou, snaakse en diep menslike blik op verlies, identiteit en die onvoorspelbare reis van ouer wees. Mammas, pappas en voogde sal die toneelstuk uiters geniet.
Audience reviews:
"A very raw and heartfelt portrayal of life as a mom. Lots of laughter and tears. Enjoyed it very much."
"What a beautiful show - the storytelling and the acting was spot on."
Hierdie produksie vorm deel van die Breede Valley Arts Festival, wat van 18 – 22 Augustus 2026 in die pragtige dorp Worcester plaasvind.
Hierdie fees vier die rykdom van plaaslike en nasionale kuns in al sy vorme — van teater en musiek tot visuele kuns en storievertelling.
Kom beleef ’n week van inspirasie, kreatiwiteit en gemeenskap in die hart van die Breedevallei.