Joshua na die Reën
Sat Jul 25, 18:00 - Sat Jul 25, 19:15
NG Kerk Swartland
ABOUT
Sluit by ons aan vir ’n onvergeetlike aand saam met Joshua na die Reën – een van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse kunstenaars.
Met sy unieke stem, opregte lirieke en treffers wat diep aanklank vind by gehore regoor die land, beloof hierdie konsert om ’n aand van musiek, hoop en inspirasie te wees. In die pragtige en historiese Swartland Moedergemeente Kerk in Malmesbury skep ons die perfekte atmosfeer vir ’n besondere musiekervaring wat lank ná die laaste noot sal bybly.
Of jy al jare lank ’n aanhanger is, of Joshua se musiek vir die eerste keer gaan beleef, hierdie is ’n geleentheid om saam met familie en vriende herinneringe te skep, meegevoer te word deur betekenisvolle musiek, en deel te wees van iets besonders.
Datum: 25 Julie 2026
Tyd: 18:00 (Geen pouse)
Plek: Swartland Moedergemeente Kerk, Malmesbury
Beperkte Eerste Vrystelling: R250
Algemene Toegang: R280
Koffie en verversings sal vanaf 17:00 beskikbaar wees.
Neem asseblief kennis dat geen kontant aanvaar sal word nie – slegs kaartbetalings.
Kaartjies is uitsluitlik beskikbaar op Quicket. Bespreek betyds om teleurstelling te voorkom.
Ons sien daarna uit om hierdie besonderse aand saam met julle te deel