ATKV-Crescendo Goud: Divas in Afrikaans

Sat Jul 4, 17:30 - Sat Jul 4, 22:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

ATKV-Crescendo Goud: Divas in Afrikaans is ’n musikale huldeblyk aan die vroue wat Afrikaanse musiek oor dekades heen help vorm het.


Op 4 Julie 2026 neem Karin Hougaard, Anna Davel, Ilse Klink, Andriëtte Norman, Stephanie Baartman en Gracia Louw die verhoog by die Daisy Jones Teater op Summerhill-landgoed in Stellenbosch, saam met jonger Crescendo-stemme Lizl Simoes, Tamryn Madalé,en Janine Fourie.


Verwag ’n aand vol siel, stories en oorspronklike Afrikaanse musiek. Van roerende ballades en liefdesliedjies tot bekende klanke wat jou sal laat saamsing en dans, vier hierdie konsert die stemme, penne en verhoogpersoonlikhede van vroue wat diep spore in Afrikaans getrap het.


Divas in Afrikaans is ’n viering van waar Crescendo vandaan kom, én van die nuwe stemme wat die nalatenskap vorentoe dra.


Saterdag 4 Julie

Deure open 17:30

Vertoning begin 19:00

Kaartjies R200

Heerlike kos en volle kroeg beskikbaar by die venue.

Tafel besprekings noodsaaklik: WhatsApp +27 64 968 2015 met jou naam, pax en dat dit vir 4 Julie Crescendo GOUD vertoning is. (**Let asb dit is tafel deel van 4-6 pax)


DIRECTIONS

ATKV-Crescendo Goud: Divas in Afrikaans
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions