ABOUT
TOPAZ REUNION
Onthou jy die aande toe die 80’s en 90’s se grootste treffers die dansvloer laat lewe het? Die musiek wat almal saam laat sing het, die vriendskappe wat gevorm is, en selfs die liefdesverhale wat begin het?
Nou is dit tyd om weer daardie magie te beleef.
Kom sluit by ons aan vir 'n aand vol nostalgie, onvergeetlike musiek en herinneringe wat teruggevoer word na 'n era toe die partytjies tot in die vroeë oggendure aangehou het.
Bring jou vriende, trek jou dansskoene aan en kom geniet die ritme van die dekades wat ons nooit sal vergeet nie.
- Kleredrag: Netjies informeel
- Geen slordige klere of kortbroeke nie
- Geen onder 23's word toegelaat
Kom stylvol, kom kuier, kom dans – en kom maak nuwe herinneringe saam met ou vriende.
Ons sien jou op die dansvloer!