Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Van Pletzen

Sun Oct 4, 13:00 - Sun Oct 4, 23:00

The Daisy Jones Bar

ABOUT

Taalgenoot-Ruk en Rym is die toonaangewende kompetisie vir alternatiewe kunstenaars en groepe wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Verwag tydens die finaal van Ruk en Rym – voorafgegaan deur twee semifinale rondes in Gauteng en die Wes-Kaap – ’n battle-of-the-bands-styl-kompetisie waartydens jy van die varsste en mees progressiewe musiek in Afrikaans sal hoor. Gaskunstenaars Van Pletzen lewer ’n volle vertoning net voor die wenners aangekondig word.

Besoek www.rukenrym.co.za vir meer inligting oor die kompetisie. Jaco van der Merwe en Angie Gallagher is die aanbieders.


In samewerking met die ATKV, Taalgenoot, WÊRELD, Spotify, kykNET, Locally Yellow



DIRECTIONS

Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Van Pletzen
The Daisy Jones Bar
Summerhill Wine Estate, Stellenbosch, 7615
Get Directions