JUAN BOUCHER @ De Weiveld, Worcester
Sat Jun 20, 20:00 - Sat Jun 20, 22:00
De Weiveld
ABOUT
Na oorweldigende aanvraag, keer JUAN BOUCHER terug na De Weiveld om vir sy mense daar in Worcester een onvergeetlike show te bring. Kry solank jou kaartjies en maak gereed vir ’n aand vol groot treffers wat hom een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars gemaak het. Hierdie vertoning beloof om iets besonders te wees so moenie uit mis nie. Beperkte spasie.
Datum: Saterdag 20 Junie
Tyd: 20h00
Venue: De Weiveld, Worcester
Aanlyn: R250pp
By die deur: R300pp
"Ek is n skrywer van voor tot agter, Ek raak honger om te skryf as die tyd te lank neem om nie by my kitare te sit en skryf nie dan jaag iets my, dit voel of Ek altyd nog net iets wil vertel met n kitaar in my arms. Ek kan dit nie help nie die woorde hang oor my en Ek droom van dit as Ek slaap. Ek iemand sien wat hartseer is dan wil Ek skryf, as iemand glimlag wil Ek skryf oor dit. As Ek liefde sien of voel dan wil Ek die kitaar gryp en sing oor dit. Dit is vir my vrek lekker om in boek winkels rond te loop en net tussen die Boeke rond te loop, Ek kan die skrywers se oë op my voel. Ek is net eenvoudig lief vir musiek en gedigte en as Ek die krag het om dit self te kan doen is dit net nog meer van n plesier vir my as ooit. Ek kan Sorg vir my huis en my familie daar in. Ons almal is versot op dit, as Ek geskryf het en ons neem dit op dan dit ons almal styf teen die luidsprekers en geniet dit lirieke en melodie. Dit is wonderlik dat Ek dit nog so diep binne in my het, dit vloei uit my uit en dit is Hoekom Ek dit doen, vir geen ander rede nie, Ek doen dit om te “Connect” met mense. Hierdie is Agt liedjies uit my siel uit. Dankie dat almal saam luister" - Juan Boucher