Grootmeisie
Mon Oct 5, 10:00 - Sat Oct 10, 17:25
Open Window Campus
ABOUT
DEBUUT
Met Daneel van der Walt, Jefferson J. Dirks-Korkee, Wian Taljaard, René Cloete
’n Horingdroë menopouse dwing Daneel Merwe (Danny) om terug te stap na kindwees met ’n ma wat verslaaf is aan suiker en ’n bankbestuurder-pa wat soms in die tuinhuisie wegkruip. Reeds as kleuter voel sy aan iets in hul huis is nie lekker nie. As puber wéét sy dit, en opstand, woede en haat gooi die ruite van haar oënskynlik veilige grootwordhuis stukkend. Geleidelik gaan haar oë oop vir die geneigheid tot depressie en verslawing in haarself en haar familie. Verwerping, vervreemding en godsverlatenheid volg haar soos haar skaduwee. Maar eers in haar middeljare besef Danny dit is noodsaaklik om diegene wat haar seergemaak en teleurgestel het met empatie te vergewe.
Rachelle Greeff se Grootmeisie is die wenner van vanjaar se Reinet Nagtegaal-teksprys. Haar drama Die naaimasjien is in 2009 ook met dié gesogte prys bekroon. Sy is ook bekend vir haar wenteks Rondomskrik.
Regisseur Lee-Ann van Rooi
Skrywer Rachelle Greeff
Verhoogbestuur Charlene Colling
'n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi