No under 16s

ge-gebergtes

Sat Oct 3, 10:00 - Tue Oct 6, 11:10

Open Window Campus

ABOUT

Met Carel Trichardt, Daneel van der Walt, Jayden Dickson, Ntombi Makhutshi, Miché van Wyk


’n Paar dae ná sy 90ste verjaarsdag word ’n emeritus professor oorweldig deur die lewe. Sy rekenaar, foon, niks wil werk nie – alles raak te veel. ge-gebergtes is ’n poging om sin te maak van sy konfrontasie met tegnologie. Van oudword tot oudwees – ’n toestand van stadige aftakeling en toenemende hulpeloosheid en afhanklikheid. Die agteruitgang van liggaamlike en kognitiewe vermoëns kan deur almal waargeneem word. Kinders wat ver is. Die wêreld wat voortsnel op ’n ander trajek. En jy wat wag. Van der Walt is met 'n Kanna-toekenning bekroon vir haar rol in ge-gebergtes.


Regisseur Wessel Pretorius

Skrywer Saartjie Botha

Choreografie Sylvaine Strike

Komposisie en musiekverwerking Charl-Johan Lingenfelder

Stel- en kostuumontwerp Birrie le Roux

Beligtingsontwerp Luke Ellenbogen

Verhoogbestuur Lulu Heleen Kieser


'n Klein Karoo Nasionale Kunstefees-produksie






DIRECTIONS

ge-gebergtes
Open Window Campus
Oude Molen, 1 Distillery Rd, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions