Boesman en Lena
Thu Oct 8, 13:00 - Sun Oct 11, 10:40
Idasvallei Primêr
ABOUT
Met Veronique Jephtas, Brendon Daniels, Tshamano Sebe
Boesman en Lena is twee hawelose randfigure – uitgelewer aan mekaar, die elemente en ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk bied ’n boeiende blik op die kompleksiteit van verhoudings en maatskaplike ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en veerkragtrigheid van die menslike psige, en ons universele behoefte aan hoop, deernis en begrip. ’n Gepaste huldiging aan Suid-Afrika se grootste dramaturg wat in 2025 oorlede is.
Regisseur en verwerking Christo Davids
Skrywer Athol Fugard
Vertaling Vinette Ebrahim
Klankontwerp Gideon Lombard
Verhoogbestuur Kaylin Khan
’n Ko-produksie van Momentum Aardklop- en die Toyota Stellenbosch Woordfees. Moontlik gemaak deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en The Jobs Fund