Ek is nie Danie
Mon Oct 5, 15:00 - Sat Oct 10, 14:15
Adam Small Auditorium
ABOUT
Met Albert Pretorius, Schalk Joubert
In die keur uit die digter Danie Marais se vier digbundels trek Albert Pretorius die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe skerf vir skerf uit mislukte huwelike in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte gemors van middelklas-Suid-Afrika. ’n Storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak van ’n verlede wat die hede wurg deur ’n wit ou wat saam met sy dogter en ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “Om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie.”
Ek is nie Danie is bekroon met Woordtrofees, Kanna-toekennings en het ses Fiëstas ontvang vir onder meer die beste produksie, beste akteur en produksie van die jaar.
Regisseur Nico Scheepers
Skrywer Danie Marais
Musiekregisseur Schalk Joubert
Konsep Niel van Deventer
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie.