Family friendly

Olyf tot olyfolie

Fri Aug 7, 11:00 - Sun Aug 9, 12:00

De Rustica Olive Estate

ABOUT

Toer en proe


AANGEBIED DEUR De Rustica


“Jy sal nooit weet hoe ’n slegte olyfolie proe voordat jy ’n goeie een geproe het nie.” De Rustica se enkelkultivar-Coratina-olyfolie is in 2023 aangewys as die wêreld se beste, in 2025 die tweede beste en vir die afgelope vyf jaar onder die top-10 gesondste olyfolies in die wêreld, by die Evooleum-kompetisie in Spanje. Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olywe geoes en olyfolie verbou en vervaardig word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien. ’n Kort video bied insig in die geskiedenis van die olyfbedryf in Suid-Afrika, waarna ’n professionele en ervare toergids die groep vergesel na die olyfboord en meer inligting verskaf oor die landgoed, die olyfbome en verskillende kultivars. Gaste besoek ook die olyfmeule, wat ’n insiggewende toer van die Alfa Laval-pers insluit. ’n Unieke proe-ervaring van olyfolie is iets wat jy nie gou sal vergeet nie. Verskillende style van olyfolie van verskillende oesjare en variëteite word geproe. Daar is nie ’n beter manier om meer oor die geheime van olyfolie te leer as by De Rustica Olive Estate nie.


Tour and tasting


PRESENTED BY De Rustica


“You will never know what bad olive oil tastes like, until you have tasted a good one.” De Rustica’s single cultivar Coratina olive oil was named the world’s best in 2023, second best in 2025 and in the top 10 healthiest olive oils in the world for the past five years at the Evooleum Competition in Spain. This tour and tasting offers a warm, friendly and educational experience where participants learn how olive oil is grown, harvested and produced. Whether you are a connoisseur of olive oil or not – this is a fantastic tour for anyone who wants to see more of the famous De Rustica Olive Estate. A short video provides insight into the history of the olive industry in South Africa, after which a professional and experienced tour guide accompanies the group to the olive grove and provides more information about the estate, the olive trees and different cultivars. Guests also visit the olive mill, which includes an informative tour to the Alfa Laval press. A unique olive oil tasting experience is something you won’t soon forget. Different styles of olive oil from different vintages and varieties are tasted. There is no better way to learn more about the secrets of olive oil than at De Rustica Olive Estate.


Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

DIRECTIONS

Olyf tot olyfolie
De Rustica Olive Estate
1 Oudemuragie Road, De Rust, 6650, South Africa
Get Directions