Gryp elke grasHolm
Sat Oct 10, 10:00 - Sat Oct 10, 11:15
HMS Bloemhof-skoolsaal
ABOUT
Met Marion Holm
Gryp elke grasHolm gaan oor die silwer randjie van elke donker wolk. Elke stukkie sleg het ’n stukkie snaaks. Holm wil vir die gehoor gee wat almal nodig het: hoop, humor en harmonie. Die wêreld is tans deurmekaar; ons moet maar self die komedie maak en die lag skep. Gryp elke grasHolm kan jou dalk net help in hierdie soektog na snaaks, sagtheid en sin. In dié nuwe eenvrouvertoning, doen Marion Holm wat sy altyd doen: komedie met ’n groot hart.
Vervaardiger Handyminds
Regisseur Chris Vorster
Skrywers Marion Holm, Chris Vorster
Beligtingsontwerp Thys Heydenrych, Chris Vorste