Family friendly

Stille vuur

Thu Oct 8, 11:00 - Thu Oct 8, 12:10

HMS Bloemhof-skoolsaal

ABOUT

Met Frieda van den Heever, Coenie de Villiers, Mauritz Lotz, Deon Meyer


Die wêreld het, meer as ooit, vrede nodig. Elkeen van ons het 'n versugting daarna. Die enigste manier om vrede in ’n gebroke wêreld te bewerkstellig is om dit met passie na te jaag: om ’n stille vuur van skoonheid te skep. Vier bekende kunstenaars steek deur middel van musiek, liriek en vertelkuns hierdie vredesvlam aan. Frieda van den Heever en Coenie de Villiers skuif agter die klawers in met nuwe komposisies en bekende musiek in ’n ander gedaante. Die kitaargenie Mauritz Lotz bring as volwaardige komponis en medeskepper sy orkestrale werk na die verhoog en, les bes, Suid-Afrika se bekroonde en geliefde skrywer Deon Meyer sluit as gasverteller op die verhoog aan met nuwe werk uit sy pen. Kom beleef hoe warm ’n stille vuur kán brand.


Vervaardiger CDV Market Ideation

Skrywers Deon Meyer, Frieda van den Heever, Coenie de Villiers

Musiek Frieda van den Heever, Coenie de Villiers, Mauritz Lotz

Beligtings- en stelontwerp Pieter-Jan Kapp


DIRECTIONS

Stille vuur
HMS Bloemhof-skoolsaal
35 Rhodes N Ave, Die Boord, Stellenbosch, 7613, South Africa
Get Directions