Anton Goosen: Magtig, kyk wie’s 80!
Wed Oct 7, 19:00 - Wed Oct 7, 21:10
HMS Bloemhof-skoolsaal
ABOUT
Met Anton Goosen, David Kramer, Zolani Mahola, Dozi, Deon Meyer, Gian Groen, Koos Kombuis, Loukmaan Adams, Schalk Joubert, Lise Swart, Nick Turner, Churchil Naudé, Mauritz Lotz, Albert Frost, Akkedis, Coenie de Villiers, Luna Paige, Laurinda Hofmeyr, Kristi Steyn, Kevin Gibson, llimar Neitz, Robin Auld
Ons vier die Liedjieboer se tagtigste verjaardag in hierdie besonderse huldeblyk aan ’n lewende nalatenskap, aan liedjies wat oor geslagte heen bly spreek, en aan ’n ware Suid-Afrikaanse legende. Anton Goosen is een van Suid-Afrika se mees geliefde en invloedryke liedjieskrywers van alle tye. Vir meer as 50 jaar al help sy liedjies ons om die taal en musikale landskap van hierdie land te vorm. In hierdie eenmalige produksie kom ou en nuwe vriende bymekaar om Anton te eer met hul eie vertolkings van sy liedjies, terwyl Anton self ook van die ikoniese werke uit sy buitengewone loopbaan uitvoer. Dit is is nie ’n aand van nostalgie nie, maar ’n viering van die tydloosheid van ’n oeuvre wat vandag steeds diep aanklank vind.
Regisseur Schalk Joubert