Plektrum

Fri Oct 9, 11:00 - Fri Oct 9, 12:15

Drostdy-teater

ABOUT

Met Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock, Peter Auret


Mauritz Lotz het meer as 4 000 opnames op sy kerfstok, spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammy's. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van dié legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Nou lig Lotz vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent. Plektrum is ’n intieme, persoonlike produksie waarin hy vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend. Die musikante wat die verhoog met hom deel, is die room van ons bedryf.


Vervaardiger Tale Be Told Productions

Regisseur en skrywer Ingrid Howard

Komposisie en musiekverwerking Mauritz Lotz




DIRECTIONS

Plektrum
Drostdy-teater
48 Alexander St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions