Die ander dogter
Sat Oct 3, 10:00 - Sun Oct 11, 18:10
Adam Small Auditorium
ABOUT
Met Sandra Prinsloo
’n Tienjarige meisie vind toevallig uit van ’n suster wat twee jaar voor haar geboorte oorlede is. Dié dogter was die Franse skrywer Annie Ernaux, wat in 2022 met die Nobelprys vir letterkunde bekroon is. Skielik was Annie nie meer ’n enigste kind nie, maar die plaasvervanger vir ’n groot afwesigheid wat voortleef in haar ouers se woordelose verdrietigheid. ’n Ragfyn stuk oor skuld, familie en verlies.
Regisseur Lara Foot
Skrywer Annie Ernaux, verwerk deur Saartjie Botha
Vertaling Naòmi Morgan
Ontwerp Wolf Britz
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie