Kom toer saam deur die alfabet!
Sun Oct 4, 10:00 - Sun Oct 4, 12:10
Rupert-museum
ABOUT
Met Daniëlla van Heerden
In hierdie prettige, eg Suid-Afrikaanse voorlesing uit ’n Leeu in ’n lugballon – Alfabetrympies vir aapsterte ontmoet kinders karakters van oraloor Suid-Afrika. Kom op ’n avontuur saam met Alex in Adelaide tot by Zandile in Zeerust en kyk wat hulle daar aanvang. Die joernalis, ouerskap-poduitsaaier en skrywer Daniëlla van Heerden lees voor uit haar splinternuwe kinderboek en betrek kinders om saam nuwe lawwe alfabetrympies uit te dink met name, plekke, diere... en hope verbeelding. ’n Speelse, interaktiewe ervaring vol humor, ritme en taalpret vir jong kinders en hulle ouers.