For wheelchair-accessible ticket bookings, please contact the Woordfees office on 072 231 7073 or email [email protected]. We'd be happy to assist you.
Family friendly

Zonkie en die laaste boomhuis

Mon Oct 5, 10:00 - Sun Oct 11, 10:10

Paul Roos-teater

ABOUT

Met Cindy Swanepoel


Wanneer die eens pragtige Stad van Groen in die Stad van Grys verander, plaas ’n jong meisie en haar vriende Knetter (die eekhoring), Uilbertus (die uil) en Madame Skadu (die straatkat) alles op die spel om ’n enkele saadjie aan die groei te kry omdat hulle weer plante en suurstof in die stad wil terugkry. In 'n tweede verhaal vertel La-dee-da (die hadeda) van ’n dapper voëltjie se vlug ondanks al die gevare in die lug, en in ‘n derde verhaal vertel Knopie Satyn (die spinnekop) van haar soektog na 'n veilige plekkie in iemand se huis om haar web te spin. Sal sy oorleef? Die verhale prikkel die lagspiere, die verbeelding én die hartsnare terwyl fabelagtige handgemaakte karakters en meesterlike poppespel die gehoor betower.


Vervaardiger Swan Dive Collective

Regisseur en skrywer Anèl Wood

Musiek Lucinda Bosch

Choreografie Cindy Swanepoel

Ontwerp Imile Wepener

Verhoogbestuur Zonika van Zyl


Ondersteun deur ATKV en Ontbytsake










BESPREEK JOU PAKEER EN PENDELDIENS NA WOORDFEES-OPTREDES

DIRECTIONS

Zonkie en die laaste boomhuis
Paul Roos-teater
311 Suidwal Rd, Krigeville, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions