Pasta, poësie en die platteland
Fri Oct 9, 18:00 - Fri Oct 9, 21:00
KleinBlouKlip Farm
ABOUT
Kom sit aan by ’n intieme langtafel op die pragtige plaas KleinBlouKlip, waar kos, liefde en woorde saamvloei in ’n onvergeetlike plattelandse ervaring. Sean van Noordwyk en Armand Aucamp verweef die kuns van vars pasta maak met voorlesings van hul gunsteling-liefdesgedigte. Terwyl die deeg geknie en geure stadig ontwikkel, word stories gedeel. ’n Viering van eenvoud, samesyn en die mooi van die alledaagse. Verwag langtafels, goeie wyn, sagte lig en die ritme van die plaaslewe as agtergrond vir elke woord en happie.
DIRECTIONS
Pasta, poësie en die platteland
KleinBlouKlip Farm
KleinBlouKlip Farm, 955 Blaauwklippen Rd, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions