STEVE ONDER DIE STERRE
Fri Aug 21, 19:00 - Fri Aug 21, 23:00
100 Dely Rd
ABOUT
Kom geniet ’n onvergeetlike aand van musiek en kuier onder die sterre.
Ons nooi jou hartlik uit na STEVE ONDER DIE STERRE op Vrydag 21 Augustus by NHK Pretoria-Oos Gemeente.
Hierdie konsert word aangebied ten bate van die herstelwerk van ons geliefde orrel- ’n instrument wat al vir baie jare deel is van ons gemeente se aanbidding en musiek-erfenis.
Bring jou familie en vriende saam vir ’n unieke aand gevul met uitstekende musiek, lekker atmosfeer en gemeenskap. Jou ondersteuning help ons om die orrel vir toekomstige geslagte te bewaar.
Plek: Delyweg 100, Waterkloofpark
Datum: Vrydag 21 Augustus
Tyd: 19:00
Kaartjies beskikbaar op Quicket of by die kantoor - 012 460 8441.
Ons sien uit daarna om die aand saam met jou onder die sterre te deel!