Family friendly

Jan Bhlom

Sat Jun 27, 18:00 - Sat Jun 27, 23:59

189 Dirk Van Der Hoff St

ABOUT

Jan Blohm is veel meer as net 'n sanger – hy is een van Afrikaans se mees geliefde storievertellers.

Met sy unieke stem, diep lirieke en tydlose treffers soos Groen Trui, Jenny en Ruby, skep hy 'n atmosfeer wat gehore al vir dekades raak.

Op Saterdag 27 Junie verwelkom Rosetulee Family Restaurant vir Jan Blohm op ons splinternuwe verhoog vir 'n aand van musiek, herinneringe en stories uit die hart. Verwag 'n intieme vertoning vol karakter, eerlike emosie en die besonderse verhoogteenwoordigheid waarvoor hy bekend is.


Kom geniet ons nuwe verbeterings by Rosetulee, heerlike kos, warm gasvryheid en 'n onvergeetlike aand saam met een van Afrikaans se ware kunstenaars.


Kaartjies vanaf R150. Tafelbesprekings word aanbeveel.


En die beste van alles? Jy hoef nie ver te ry of onnodige brandstofgeld te spandeer om top-gehalte Afrikaanse vermaak te beleef nie – dit gebeur sommer hier by jou eie Rosetulee in Brakpan.

DIRECTIONS

Jan Bhlom
189 Dirk Van Der Hoff St
189 Dirk Van Der Hoff St, Dalview, Brakpan, 1544, South Africa
Get Directions