Kaleidoskoop
Wed Dec 20, 19:00 - Wed Dec 20, 22:00
River Kaya
ABOUT
Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer. Met kleurryke harmonieë en 'n verskeidenheid van akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Kaleidoskoop laat jou deur hul selfgeskrewe Afrikaanse musiek - asook Engelse “covers”- anders na die kleure van die lewe, liefde en menswees kyk...kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!
Oor die lewendige vertonings...
In ‘n Kaleidoskoop-vertoning kan jy verwag om omring te word met ‘n magiese atmosfeer vol liggies en vlaggies. Terselfde tyd sal jou ore bederf word met die akoestiese klanke van kitaar,klavier, mandolien, ukuleles, trekklavier, perkussie, glockenspiel en ander instrumente asook die strelende harmoniee van hul stemme.
Oor die naam...
‘n Kaleidoskoop is ‘n outydse speelding wat mooi patrone en kleure maak sodra jy dit op ‘n ligbron rig en daardeur kyk. Ons vind inspirasie deur ons oë op Jesus – óns ligbron – te rig. Só hoop ons om ons positiewe, kleurvolle uitkyk op die lewe, liefde en menswees in ons musiek en lirieke te weerspieël – ‘n broodnodige boodskap van hoop.
Beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Besprekings noodsaaklik!
Kontak Lindy 084 515 2865