Family friendly

RAAF in Kroonstad vir Vadersdag

Sun Jun 21, 14:00 - Sun Jun 21, 18:00

Middenspruit Farm

ABOUT

Hierdie Vadersdag vat RAAF oor by Die Fark Teater in Kroonstad — die venue wat ná hul laaste vertoning amptelik deur die gehoor gedoop is as die “Fark” Teater!


Op Sondag 21 Junie 2026 bring RAAF weer die volle energie, gees, stories en rock ’n roll terug vir ’n Vadersdagviering wat alles behalwe gewoon gaan wees.


Verwag ’n kragtige live vertoning, goeie wyn, lekker kuier en die tipe atmosfeer waarvoor RAAF bekend geword het regoor die land.


Kaartjies sluit ’n Raafontuur wynproe in, met RAAF se eie wyne wat ook op die dag te koop sal wees.


Pak gerus julle eie piekniekmandjies met kos in en maak ’n behoorlike middag daarvan. Geen eie alkohol sal toegelaat word nie. Moet nie bekommer, Raafontuur wyn sal wel ook op die perseel te koop wees.


Deure open om 13:00 vir wyn, kuier en voorbereiding voordat RAAF die verhoog betree om 14:00.


Nader aan die tyd sal ons bevestig of die vertoning binnenshuis of buitelug plaasvind, afhangend van die weer — so hou gerus dop of julle piekniekkomberse of kampstoele moet saambring.


Kaartjies:

R300 per persoon

R150 vir kinders onder 13 jaar


Vir enige navrae, kaartjie aankope of verdere inligting:

Lani – +27 82 809 9027


Kaartjies ook beskikbaar op Quicket.


Bring jou pa. Bring jou mense. Kom maak geraas by die Fark teater.

DIRECTIONS

RAAF in Kroonstad vir Vadersdag
Middenspruit Farm
Kroonstad, South Africa
Get Directions