Diereriem
Sat Oct 10, 11:30 - Sat Oct 10, 12:30
EasyEquities Skrywerskamer
ABOUT
Aangebied deur Tafelberg
Etienne van Heerden se nuwe roman, Diereriem, is ’n verrassende wending in sy oeuvre: ’n literêre spioenasieverhaal wat ook oor tragiese liefde handel én ’n reisstorie is. Drie Stellenbosse studente word gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem” en word onlosmaaklik aan mekaar verbind deur ’n kampustragedie. Diereriem is die verhaal van Antonie Vermeulen (kodenaam Muskeljaatkat), wat ’n grillerige opdrag vir een van sy mede-agente moet uitvoer. Thys Human ondervra die skrywer in ’n gesprek wat die omvangryke inhoud van die boek weerspieël.