Family friendly

Die Serwiër

Wed Oct 7, 14:30 - Wed Oct 7, 15:30

EasyEquities Skrywerskamer

ABOUT

Aangebied deur Queillerrie


Twee Van der Merwes loop by ’n skrywerskamer in… Een van hulle is Carel van der Merwe, bekroonde skrywer van boeke soos Geldwolf, Donker stroom en Kansvatter. Die ander is Schalk van der Merwe, historikus, musikant en ywerige leser van spioenasiefiksie. Maar hierdie is nie ’n grap nie: Wat volg, is ’n gesprek oor die Carel se jongste boek, Die Serwiër. Schalk gaan Carel uitvra oor genrefiksie, die skryfproses, en hoe dié riller die sluier lig op Suid-Afrika se verstrengelde kriminele en politieke onderwêreld.

DIRECTIONS

Die Serwiër
EasyEquities Skrywerskamer
39 Ryneveld St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions