’n Dubbeldosis kortkuns
Sat Oct 3, 13:00 - Sat Oct 3, 14:00
EasyEquities Skrywerskamer
ABOUT
.Aangebied deur Protea Boekhuis en Turksvy Publikasies
Anna-Bet Stemmet en Frederick Botha gesels oor die kontraste van die menslike ervaring soos hulle dit uitdruk in hul kortkuns. Stemmet se essays in Goed wat gebeur het met mense op plekke is ’n emosionele palate cleanser wat die skoonheid en absurditeit van die alledaagse vier. Botha se debuutkortverhaalbundel, Seuns weet, verken seksualiteit, geloof, selfaanvaarding en menseverhoudings. Saam ondersoek dié twee alumni van die Woordfees-kortverhaalwedstryd die volle spektrum van emosies in hierdie prontuit gesprek oor essays, kortverhale en skrywerskap.